Daar is ‘n bedeesde kloppie aan my rooi voordeur, eers dog ek dat ek my verbeel en ek ignoreer dit, toe is die kloppie weer daar!
Ek maak die deur oop en daar staan ‘n klein siel vol ellende voor my, sy snik sagweg sonder trane en vra of ek dalk ‘n koppietjie soet tee het om haar ellende te vertroos. Dit het ek ‘n oorvloed van en sit dadelik die ketel aan.
“Kom sit hier by my in die kombuis, dan vertel jy my hoekom jy so ellendig is?”
Sy sug en sak saggies af om te gaan sit terwyl sy treurig kreun, toe sê sy: “Ek is so moeg en vol flenter kolle, kyk hoe lyk my vingers, en albei knieë is nerfaf, sien jy?” vraag die ellendeSiel.
“Ai, ek is so jammer vir jou, het jy dan geval?”
Sy snik weer traanloos en sê: “Ek het ja, dis hoekom my knieë nerfaf is, maar my flenter vingers is so want ek stop heeltyd die gate in ander siele se harte. Die werk kom nooit klaar nie want baie van hulle torring weer my stopwerk los, dan moet ek dit oordoen.”
“Ai maar dis ‘n treurmare van ‘n storie! Maar wat van jou knieë, hoe het hulle dan so vreeslik stukkend gekom?” vraag ek die armsaligheid.
“Want ek bly in die gate val… oor en oor val ek in die gate van ander se harte, dan moet ek self uitkruip en dis hoekom ek so flenters is. Het jy asseblief vir my raad en daad?
“Ek is so hartseer van die gesukkel om harte heel te werk dat my trane opgeraak het, net die snikke het oorgebly.”
Ek luister en voel so jammer vir die ellendige klein siel wat so swaar het. Toe ek vir haar tee aangee, vat sy dit baie versigtig by my en van die vingertjies staan skiertsregop, seer en vol gaatjies van al die stopwerk.
Toe vra ek: “Hoekom val jy dan konstant in die gate in ander siele se harte? Vertel vir my mooi wat aangaan?”
Sy sluk met toe ogies aan die soet tee en sug meer tevrede voor sy vertel: “Die ding werk so, die flenter-hart-siele gooi hulle hake uit en dit haak aan my stukkende hart, dan ruk hulle my nader tot ek in die die gate in hulle harte val. Omdat ék weet hoe swaar dit is om ‘n flenter hart te hê, het ek belowe om almal wat ‘n haak uitgooi te help om hulle harte heel te werk. Daar is so baie siele met harte vol gate, te veel vir my alleen. Kan jy asseblief help om lappe op te werk, jy weet mos hoe om met garing en naald te toor?
“Ek kry nie ‘n kans om my eie hart te stop nie, ek is heeltyd met ander se flenters besig, my eie hart is al heel uitgerafel.
“Eintlik is dit veel erger nog, my vingers is vol gate en baie seer van al die stopwerk, my knieë rou van uitkruip uit die harts-gate. En die ergste is, ek moet heeltyd terugloop om die werk oor te doen want die siele torring my heelmaak weer los.”
In my eie kop dink ek hoe lank ek self met stukkende vingers geloop het want ek het dieselfde foute gemaak. Dit het my baie lank gevat om te verstaan dat ons nie ander se harte vir hulle kan heelstop nie, dis elke man se eie werk daai.
Ek skink vir die siel en myself nog ‘n koppietjie tee, gooi ekstra heuning in en sê: “Weet jy liewe ellendeSiel, die beste raad is dat jy eers jou eie hart se gate stop, werk dit toe en borduur mooi goed bo-oor. Dis waar mens begin.
“Die tweede raad is om nie naby ander siele se harts-gate te loop en draai nie, dis gevaarlik vir ‘n mens se eie hart. Siele met flenter harte is bietjie stamp en stoot, party dae is hulle selfs ruk en plukkerig en dan gebeur dit maklik dat jy in hulle flenter gate inval.
“Soos jy weet vang hulle jou selfs met ‘n visstok en pyn-haak as jy te naby gaan.”
Daar biggel waarlik ‘n piepklein traantjie uit die een ellendige ogie terwyl sy saggies snik, sy sug diep en sê: “Is jy seker dis nie my werk om hulle te help nie?”
“Jip!” seg ekke, “dis jóú werk om jou eie hart heel te borduur en dan kan jy ander siele leer hoe om hulle eie harte ook so mooi heel te maak. Maar net die wat wíl leer en wíl heel wees, kan gehelp en geleer word.”
Die siel sug diep en sê: “Ag dankie, dankie vir dit! Ek is nou so verlig om te hoor ek kan ophou om so ellendig te voel en te sukkel. Ek kan nie wag om my hart heel te borduur nie!”
“Ek is bly jy voel beter, kom ek sit pleisters oor die gaatjies in jou vingers voor jy loop. En dalk moet ons jou nie meer EllendeSiel noem nie, kom ons noem jou borduurSiel, wat dink jy daarvan?”
“Jaaa!” gil die klein lyfie,”ek hou báie van my nuwe naam!”
Sy hou die vingertjies in die lug dat ek hulle kan verbind met prentjie pleisters.
En so onthóú ék weer, dat die gate in ander siele se harte, nie ons verantwoordelikheid is nie. Dat ons nie om dit moet loop en later inval nie, saam seerkry en weer moet uitkruip nie.
Ons moet wye draai loop om gate van enige aard, maar veral die gate in harte wat nie heel wíl word nie. Daardie siele wat die borduur en stopwerk weer lostrek, moet veral uitgelos word tot hulle klaar gepyn het. Tot hulle eendag bereid is om die moeite te doen om hulle eie harte sélf heel te werk.
Rencia
Jou magic lives on in all you do as you go about mending broken hearts and cavity ridden souls….namaste❣️
Lizette Hendry
Ja. As mens maar net kon.
sikis izle
If you wish for to grow your experience only keep visiting this web page and be updated with the most recent gossip posted here. Sara Andre Skiest
sikis izle
You made some clear points there. I did a search on the issue and found most persons will go along with with your blog. Krystle Frasier Tiertza
porno
As the admin of this web page is working, no question very quickly it will be well-known, due to its quality contents. Julee Abelard Binnie