Description
Hierdie boek gaan oor my lang pad terug na my sigSelwer toe. Dis mos maar wat ons doen so deur die Lewe se wildedanse. Onssoek…
Die grootSiel seg mos ons moet soek en klop; dan sal Hy saamdans.
Op my weg, terug na my eie Self toe, het ek baie Siele teegekom. Party het my bly gemaak; ander het my minder bly gemaak tot ek later besef het almal en alles leer my iets, almal en alles kom met’ n persent.
Ek moet net mooi binne toe kyk en luister.
Ek het’n aweregse lewe wat my soms laat voel het dat ek ekstra inÂgedoen is. Maar gelukkig hou ek daarvan om gelukkig te wees. Dit het gelei tot my eie uitvindsel dat ek’ n bottermaak-van-beesmisÂtalent het.
Daar is nie iets soos ingedoen nie-niks is ooit ver niet nie.
Toe my Pappa hemel toe aanstap drie weke voor my elfde verjaardag, het ek deur die bees mis wat die Lewe op ons omgekeer het, geweet daar moet iets goeds wees in hierdie ellende…
Ek was bang vir die donker kleintyd. My grootste troos was om by hulle in die bed intekruip as die bang my gejaaghet.(Dit was nie altyd welkom nie.)
En dit… dit was my persent.AL het dit amper niks van die pyn van pappa se opraak-spore toegemaak nie, het dit vir my en vir mamma getroos.
Ek dink dis, in essence, wat hierdie boek is. My vermoe om die mooi in almal en alles eerste raak te sien. Om nooit enigiets in die pad te sit of weg te gooi voor jy sy mooi ingekry het nie.
En dan… as jy ek is, dit bymekaar te skryf in n storietjie en met my medeSiele te deel.
Om vir die Siele wat moeilike spore trap, te se: Moenie ophoe loop by die duwweltjie-deel van die pad nie – loop binne toe – tot daar waar die present vir jou wag
Dalk is die onderste laag van die stories, dat mense die lewe kan vertrou; Hy weet wat jy doen, al voel dit nie altyd so nie.
Jy sien; mens leer mos ander wat jy self besig is om te leer…