Stap onder 2020 uit!

posted in: Uncategorized | 0

Annali Swiegers 31e

Dit was ‘n on-jaar… ek glo nie iemand kan met daai waarheid stry nie?

Kyk vir oulaas om en gooi dankieblye op 2020 se spore.

Dankiebly vir dit wat nie gebeur het nie, en dit wat wel gebeur het, want in als is daar iewers ‘n persent versteek.

Party keer is die persent goed weggesteek, maar die groot Siel het mos geseg dat ons moet soek en sal kry as ons so maak.

Laat ons die 2020 skoene op die dak gooi.

Los die stof en dorings agter en loop met Ligte voete vorentoe.

Loop sag en lief, kyk waar jy trap sodat jy niks mis nie.

Môre se dag sal self aankom, los hom maar eers.

Mooi loop…